Die wag werd

“Our willingness to wait reveals the value we place
 on the object we are waiting for.”
Charles Stanley

Ek hou nie daarvan om vir iemand te sê wat hulle nie kan doen nie.  Ek glo eerder dat as jy vir iemand 'n prentjie skep van wat hulle wel kan doen dit hulle sal motiveer dat die "moenie" nie eers meer 'n versoeking is nie. 

As ek met tieners praat is 'n gereelde vraag wat hule vra: Hoe ver is te ver?  Hoe ver kan jy nou oor die lyn trap maar nogsteeds jou maagdelikheid behou?   Of is dit selfs nog "in die mode" om 'n maagd te bly tot mens trou?

My vraag aan hulle is weer:  Hoeveel kan jy bêre?  Hoeveel kan jy bêre sodat jy 'n absolute rein en wit bruid kan wees?  Dat jou gedagtes skoon is en jou liggaam vir die eerste keer ook die man sin is vir wie jy dit die res van jou lewe gaan gee.  Hoe groot wil jou geskenk wees wat jy aan jou bruidgeom gee?   Soos Charles Stanley  sê is mens net bereid om te wag vir dit waaraan mens groot waarde heg.  Ek weet nie van julle nie maar as ek dink aan goed met waarde is 'n eerste beste huwelik bo-aan my lysie!


2 comments:

  1. Dit is soooo waar. God sëen 'n mens se huwelik ongelooflik in hierdie aspek as mens Hom eer, deur te wag.

    Maar ek glo dit is uiters belangrik vir ons as Christene, om nie ander wat gevaal het in hierdie opsig te oordeel nie. Die Vader vergewe elke sonde as ons om vergifnis vra. (1 Johannes 1:9)
    Hy alleen kan ons skoon was en herstel na ons oorspronklike perfeksie.

    Ons elkeen stap ons eie padjie en stamp ons koppe op verskillende maniere, maar dit is so belangrik dat ons mekaar optel en bemoedig wanneer dit nodig is.

    Dankie vir hierdie bladsy.
    Dit is pragtig! :)

    Esther

    ReplyDelete
  2. Baie dankie vir jou kommentaar Esther, ek is so bly jy noem dit en ek stem 100% saam met jou! Ek besef dat party vrouens hierdie kan lees en dalk mismoedig voel. Maar God se genade kan alles nuut maak. Ek dink mens kan jong meisies wat nog nie getroud is nie wel inspireer om te wag en uit ons foute te leer. En vir ons wat reeds in ongesonde verhoudings betrokke was, inspireer om toe te laat dat God ons weer herstel "na ons persoonlike perfeksie" - nes jy sê. Daar is geen rede hoekom mens 'n minder ongelooflike huwelik hoef te hê as God mens kom nuut maak nie. Ek skryf graag binnekort meer hieroor...

    Liefde
    Lorraine

    ReplyDelete