Jou Wittebrood inpak lysie

Nie almal het iemand vir wie hul openlik  kan vra oor hoe gemaak as dit nou uiteindelik tyd word om te pak vir jou Wittebrood nie - wat nog te praat van wat om te verwag op hierdie vakansietjie!   Daar is soveel om na uit te sien maar dit kan ook 'n bietjie 'n benoude gevoel by jou opbring  omdat dit nuut en onbekend is.  Hier is sommer 'n bietjie praktiese  raad oor wat om als in te pak om seker te maak julle Wittebrood verloop sonder enige struikelblokke:


"Citro soda": Mens kan dalk blaasinfeksie kry as jy vir die eerste keer seksueel aktief is.
"KY jelly" of iets soortgelyk:  Dit kan help vir ongemaklikheid tydens intiemitheid .
Voorbehoeding:  Vir as julle nog nie aan 'n gesin dink nie.  Onthou dat Die Pil nie meer effektief is as jy antibiotika drink nie of as jy dalk so siek word dat jy nie meer jou kos kan binne hou nie (maak dus seker julle het 'n "backup plan").
Stapskoene en swemklere: Dit klink dalk nou vir jou snaaks maar op 'n stadium wil mens tog bietjie iets anders doen as net in die kamer bly! Vat miskien 'n lekker  boek of Tydskrif vir as die weer nie lekker is nie   (bederf hom sommer en pak 'n boek in wat hy nog altyd wou lees).
Ietsie spesiaals:  Soos masseerolie of kerse of badsout .  Maak seker die plek waarheen julle gaan weet dat dit jul Wittebrood is - meeste hotelle of gastehuise doen ekstra moeite met pasgetroude paartjies en miskien kry jul afslag of 'n gratis massering!
Moenie die mooi goedjies wat jy by jou vriendinne persent gekry het vergeet nie! Aitsa!

Maak seker julle is nie net gepak nie maar ook dat julle al met mekaar gekommunikeer het oor seks.  'n Uitstekende boek om deur te werk vir jou en jou man: The Act of marriage deur Tim LaHaye - vat dit sommer saam op Wittebrood!

O ja, laaste bietjie advies vir jou Wittebrood - moenie dieselfde fout as ek maak en die eerste aand op die badprop sit nie, want dan sit jy altyd op die badprop!

Mevrouens, kan julle aan nog iets dink wat julle dalk nodig gekry het op jul Wittebrood?

2 comments:

  1. "Wet wipes" is ook lekker handig om altyd op die bedkassie te hê. Ek het nogal baat gevind by 'n bottel "Feminine Hygiene wash"

    ReplyDelete