Liefde vs. Respek

Ek kon nooit die verskil tussen liefde en respek verduidelik nie en dit het vir my maar op dieselfde ding neergekom.   Dit was totdat ek van Emerson Eggerichs se Love & Respect boodskap gehoor het.   Die boodskap is gebasseer op Efesiërs 5:33:

However, each one of you also must love his wife as he loves himself, and the wife must respect her husband.  (NIV)


Net voor ons troue het ons toe Love & Respect deurgewerk en dit op die proef begin gestel.    Ek as vrou, vir wie dit maklik is om liefde te gee omdat ek van nature so gemaak is, moes besef dat my man se behoefte nie net by liefde stop nie maar dat dit respek is wat hy na smag.  Net so moes hy weer leer wat liefde vir my as  vrou beteken en hoe ek al sy aksies filter deur my behoefte aan liefde.   Ons het skielik 'n woordeskat gehad om met mekaar te kommunikeer as ek ongeliefd en hy gedisrespekteer  (shoe dis 'n lang woord...) gevoel het.  Dit het ons al soveel misverstande gespaar en ook toegelaat om te gee wat ons beste maat die meeste nodig het!

Shaunti Feldhann het 'n studie gedoen oor wat mans sien as respek en ek deel kortliks die hoofpunte uit For Woman Only hieronder.

#1 Respekteer sy oordeel
 Met ander woorde sy kennis, sy opinies en  sy besluite.  'n Algemene fout wat ons as vrouens maak is om ons mans "stupid" te laat voel.
Wenk: Komplimenteer hom op sy kennis as hy vir jou iets vertel wat jy nie geweet het nie (of selfs al het jy dit ook geweet).

#2 Respekteer sy vermoëns
Al is hy nie noodwendig die beste kok, DIY man of beplanner nie - hy het nodig dat jy onvoorwaardelik in hom glo.  
  Wenk: Volgende keer as julle verdwaal  vra jouself af wat die belangrikste is: Om betyds te wees vir die partytjie of dat hy weet jy vertrou hom.

#3 Respekteer hom met jou kommunikasie
 Dit het nie net te doen met wat jy vir hom sê nie maar hoe jy dit vir hom sê.
Wenk: Dit maak nie eintlik saak wat ons dink ons kommunikeer nie, wat saak maak is wat hy op die ou end hoor. 

#4 Respekteer hom in die publiek
  Gebruik enige geleentheid om hom voor ander mense op te bou en vir almal te vertel van sy goeie punte en prestasies.  Ek is mal daaroor om my man op te bou voor ander mense en ek kan elke keer sien hoe sy oë ophelder!
Wenk:  Praat positief oor hom selfs al is hy nie daar nie.

#5 Respekteer hom in jou aannames
Verwag jy altyd die slegste van hom?  Dat hy gaan vergeet, nie wil help nie en nie lief is vir jou nie?
Wenk:  Gee hom altyd die voordeel van die twyfel.

Die woorde wat hy heel moontlik die graagste sal wil hoor van jou: Ek is trots op jou!


Lees meer oor liefde en respek hier:
http://www.shaunti.com/book/for-women-only-2/

No comments:

Post a Comment