Nogsteeds 'n Bruid in Wit



"Come now, let us settle the matter," says the LORD. "Though your sins are like scarlet, they shall be as white as snow; though they are red as crimson, they shall be like wool." Jes 1:18

Sit jy dalk met verwyt oor hoe jy in die verlede seksueel opgetree het buite jou huwelik? Voel jy daar is van jou huwelik se intimiteit gesteel? Wens jy jy kon terug gaan in tyd en 'nee' sê? Daar is hoop - 'n hoop wat nie telleurstel nie!

"And hope does not put us to shame, because God's love has been poured out into our hearts through the Holy Spirit, who has been given to us." - Rom 5:5

Ek besef dat mens nie eers met iemand hoef te slaap om skuldgevoelens te ervaar nie en dat 'n "baie fisiesie" verhouding tot dieselfde gevoelens kan lei.  As jy sukkel om God se woorde te glo en oorweldig voel oor hierdie dinge in jou verlede begin dalk deur van die onderstaande goed te doen.
  • Vra God om vergifnis:  Erken voor God dat jy gesondig het en vra Hom om vergifnis.  "...for I will forgive their iniquity and their sin I will remember no more."  Jeremiah 31:34
  • Vergewe jouself:   Dit is dikwels die moeilikste om te aanvaar dat ons mense is wat foute maak.  Maar God kom maak alles weer nuut (Openbaring 21:5). 
  • Vergewe die persoon met wie jy oortree het:  Neem die stap uit gehoorsaamheid  ongeag van ongewenste emosies of gevoelens wat jy dalk mag hê.  Vra God dan om jou te help om deur die blywende emosies te werk.
  • Bring dit in die lig:  Iemand het een keer vir my gesê dat mens eers weet mens is waarlik vry van iets as jy met iemand anders daaroor kan praat.  Dit het my al soveel keer gehelp om vry te kom van die duiwel wat mens so teister terwyl goed nog in die donker is.  Praat met iemand wat jy kan vertrou en vra hulle om saam met jou te bid.
  • Breek die sielsbande: God sê in sy woord van man en vrou "...en hulle twee sal een wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een".  As jy met iemand seksueel oortree het is daar 'n sielsband wat vorm omdat seks nie net 'n fisiese daad is nie maar jou as totale mens insluit: liggaam, siel en gees.  As jy dus intiem was met 'n ander persoon is dit nodig om God te vra om julle van mekaar te skei sodat julle nie meer 'man en vrou' is nie.
  • Verander jou gedrag:  " Even though you have been freed from the guilt by confession, do not use it as an opportunity to continue in sin or to leave yourself open to temptation.  Continue to choose freedom over sin's mastery" Heb 12:1
  • Bespreek dit met jou huweliksmaat: Maak nie saak hoe sleg dit is om dit met jou trouman te deel nie is dit baie belangrik dat jy alles van jou vorige fisiese verhoudings met hom deel voordat julle trou (en ook hom uitvra oor sy geskiedenis in die verband).  As julle reeds getroud is is dit netso belangrik om dit in die lig te bring.  Een van die areas waar die satan die graagste wil kom steel is die reinheid van die huweliksbed.  Veg dit tee op enige moontlike manier sodat daar nie 'n houvas in jul gedagtes en enige wantroue in jul huwelik is nie.
  • Bid:  Dit is dalk nie 'n vinnige en maklike proses om van jou 'bagasie' ontslae te raak nie.  Vra God om jou gedagtes te vernuwe elke keer sodra jy met ongewenste gedagtes en gevoelens by jou opkom.
Onthou, selfs al het jy die ergste van die ergste sondes gedoen kan jou huwelik rein wees! Onthou, Jesus was die een wat die wat egbreek gepleeg het, die prostitute en seksueel onreines vergewe het sodat hulle ook vry kan wees! Wie is ons om vir Hom te sê nee dankie?

No comments:

Post a Comment