As ons nie saamstem nie


Ek hou daarvan as mense saamstem met my oor goed.  As ek met iemand gesels en besef ons het óf  'n gedeelde uitkyk op die lewe; óf ons het al dieselfde ervaring gehad; óf ons het enige klein dingetjie  in gemeen; dan dink ek by myself: "Ek hou van hierdie persoon". 
 Toe ons net vas begin uitgaan het was een van die lekkerste dinge van om 'n verhouding saam te begin om uit te pluis waaroor stem ons alles saam:  Ons hou van goedkoop Four Cousins Rosé, ons albei se gunsteling vak op skool was rekenaarstudie en ons het selfs dieselfde persoonlikheids tipe volgens die 'Meyers Briggs' toets!  Selfs  die goed wat ons nie van hou nie het ons in gemeen gehad soos dat nie een van ons kan slaap as ons voete vuil is nie.  Ek het gedink "Wow"! Ons moet vir mekaar bedoel wees as ons so dieselfde goed kan deel want ons gaan nooit ooit vassit nie!

Maar nes julle gedink het, het hierdie 'ons is presies dieselfde speletjie' nie lank gehou nie.  Later, of eintlik nie eers baie later nie, het ek begin agterkom dat daar goed is wat ons nie oor saamstem nie.   Van dit was nie so 'major' nie soos die manier wat ons 'n avokado toebroodjie maak:  Ek dop die avo sommer so direk op die broodjie uit en gooi die sout en peper eers na die tyd by (julle weet - optimisering!) maar my ander helfte glo dit is noodsaaklik om die sout en peper saam met die avo in te 'mush' al maak jy ekstra skottelgoed.   Van dit was bietjie meer 'major' soos manlief wat oor naweke in 'n sosiale vlinder ontpop en ek wat net by die huis wil bly en opvang op alles waarby ons nie die week uitgekom het nie.


As mens getroud is is dit maklik om dan te dink "As ons bedoel was vir mekaar sou ons sekerlik nie so verskil het van mekaar nie.  Miskien het ek 'n fout gemaak."  Maar dit is so ver van die waarheid af:  "Confilts are not a sign that you married the wrong person.  They simply affirm that you are human" Gary Chapman.  Ek het besef ons gaan verskil, want ons is twee mense met ons eie agtergronde, identieite en belangstellings. Wat nog te praat van die blote feit dat ek 'n vrou is en hy 'n man - oor hierdie verskille is al duisende boeke geskryf!  Wat 'n verligting toe ek dit kon begin aanvaar dat dit nie die einde van die wêreld is as ons nie saamstem oor iets nie en dat ek kan 'let go' van om my man te verander totdat hy oor alles presies dieselfde voel as ek.  Ons vind "ons weg" saam in plaas van dat ons elkeen ons "eie weg" op mekaar probeer afdwing.  Ek leer selfs dat die feit dat ons nie oor alles saamstem nie ons huwelik beter maak wat nie een van ons het altyd die ideale antwoord nie - ons 'compromise', luister en gee op op die reg om altyd reg hoef te wees . Ek hou vandag van my man, selfs al stem ons nogsteeds nie altyd saam oor goed nie - en vanoggend geniet ek selfs my 'mushy' avo broodjie en hy was die ekstra skottelgoed!

No comments:

Post a Comment