Swan Lake

Ons het die week die voorreg gehad om Swan Lake te gaan kyk.  Dit was so ongelooflik  mooi om die jong meisies te sien die grasieuse ballet bewegings uit voer wat ek nie eers weet hoe om uit te spreek nie.  En die mans lyk of dit vir hulle geen moeite verg om so hoog te spring en op een plek te bly draai sonder om dronk te word nie (julle kan seker al raai dat ek hoegenaamd nie geskoold is in ballet nie).  Maar wat van alles vir my die mooiste was, was die kere wat die prins en swaan saam gedans het en ek dink selfs die van julle wat ballet kenners is sal saam met my stem.

As hy langs haar is, is sy net 'n nóg mooier swaan.  As sy langs hom is het hy skielik 'n rede om sy sterkte uit te leef.  Sy kan reeds dans en doen wat 'n swaan moet doen sonder hom en netso is 'n hy 'n man in volle reg sonder haar.  Maar saam is hy meer hy en sy meer sy en saam is hulle beter as net hy of net sy.


1 comment:

  1. Play casino - No.1 for the Casino Guru
    No longer have titanium metal trim the opportunity to go to 토토 사이트 추천 the casinos or read the reviews of the slots you love. But they're 출장샵 not https://septcasino.com/review/merit-casino/ always the same. Sometimes you https://sol.edu.kg/ have a new online

    ReplyDelete