Verlief, Verloof en Uitgedaag!




As daai ring eers aan jou vinger blink voel dit of mens nooit gelukkiger kan wees nie!  Uiteindelik kan jul saam begin beplan aan jul troudag.  Dit is net keuses, keuses en keuses.  Van venues na kleurskemas tot troukoeke.  Julle wonder ook wie op julle ouers se gastelys julle nou eintlik sal wil nooi en of julle al ooit van hierde hierdie mense voorheen ontmoet het?  Dit gebeur so maklik dat al hierdie reëlings mens begin oorweldig en daar spanning en selfs konflik begin onstaan tussen jou en die een wat jou gevra het om te trou.   

So rukkie na ons verloof geraak het, het iemand ons vertel van 'n manier om seker te maak ons skeep nie ons verhouding af in hierdie tyd nie.  Die uitdaging aan ons gestel was om een dag in 'n week nie oor ons troudag te praat nie - glad nie.  Niks reëlings of lysies nie, net mekaar se kwaliteit tyd.   En die uitdaging was vir my presies dit gewees: 'n uitdaging!  Daar was net soveel om te doen vir ons self doen troue en dis of niemand anders die erns van die saak verstaan dat jy net 'n sekere hoeveelheid dae het om die prentjie in jou kop 'n werklikheid te maak nie.  Vir my "soon to be" bruidegom was dit aan die anderkant 'n wonderlike  uitsien (en verligting) om net weer mekaar se geselskap te kan geniet en stil te kan raak in mekaar se teenwoordigheid.  As die man in jou lewe ook is soos myne was sal hy dalk in die verlowingstyd begin afgeskeep voel as elke woord wat uit jou mond uit kom oor jul trourëelings gaan. Ek het besef dit is immers hoekom ons met mekaar trou: om te deel in die alledaagse dinge van die lewe.

Sal jou verloofde dalk ook uitsien na 'n "af aandjie" so nou en dan?  Challenge accepted?



No comments:

Post a Comment