Die twee fases van liefde


Gary Chapman vertel in sy boek "Things I wish I'd known before we got married " dat hy soveel paartjies tee kom waar een of beide vir hom sê: "Ek dink nie ons het huweliksberading nodig voor ons trou nie - ons is regtig lief vir mekaar en kan nie sien dat ons probleme gaan hê nie". Ek dink nie daar is enige iemand wat trou met die idee dat hulle eendag probleme gaan hê nie, almal glo op hul troudag dat om lief te wees vir die persoon waarmee hulle trou so natuurlik is. Dit laat my dink aan daai liedjie wat sê "You make it easy for me to love you".  Ons euforiese gevoelens lei ons om by mekaar te wil wees, mekaar te leer ken en mekaar te geniet.  In hierdie fase kos dit geen werk om die verhouding aan die gang te hou nie.  Daar gaan dalk baie energie in die verhouding in, maar dit word nie as werk beskou nie.  Hierdie is 'n belangrike maar slegs die eerste of 'verliefdheidsfase'.   

Hoeveel keer hoor mens van paartjies wat op skei staan want hulle "voel nie meer lief vir mekaar nie" of "I have fallen out of love with you".  Wat hulle eintlik deurgaan is om in die tweede fase van liefde in te beweeg.   In vandag se wêreld en in die meeste flieks word die boodskap gekommunikeer dat: "As ek met die regte persoon getrou het sou my gevoelens tog nie weggegaan het nie."  Dus word die verhouding beeindig en die soeke na "ware liefde" begin weer van vooraf en die proses word herhaal.
 Die eerste fase duur gemiddeld so twee jaar en dit is "inevitable" dat dit met tyd gaan verby gaan.  Dan kom die keerpunt -  die keuse om intensioneel lief te hê en nie net deur gevoelens en emosies gedryf te word nie. Die tweede fase van liefde  kan nogsteeds aspekte van verlief wees insluit maar dit kom nie meer so vanself nie.  Hierdie kan die mees wonderlikste fase van liefde wees en is baie dieper en meer intiem as om bloot net verlief te wees.  Baie mense sal dit selfs beskryf as "nogsteeds verlief op mekaar maar net dieper of anders".  Dames, ek kan hierdie persoonlik so beaam en kan net getuig van hoe wonderlik dit is - ek wil dit met die hele wêreld deel! 

As albei in die huwelik besef daar gaan 'n punt kom wat hulle mekaar weer van vooraf gaan moet KIES en dit dalk selfs daagliks oor en oor gaan moet doen, sal mens 'n huwelik kan bou wat hou.  Kies dus 'n man wat intensioneel bereid sal wees om aan julle huwelik te "werk" as die vlindertjies minder begin rondvlieg. Ek dink hulle moet sommer by die standaard troubeloftes nie net praat oor "...siekte en gesondheid, armoede en rykdom..." ens. nie maar ook "selfs al VOEL ek nie meer verlief op jou nie, gaan ek  KIES om jou nogsteeds lief  te hê".

Lees meer oor "Things I wish I'd known before we got married"  hier: http://www.5lovelanguages.com/resource/things-i-wish-id-known-before-we-got-married/

No comments:

Post a Comment