Showing posts with label Vroue dinge. Show all posts
Showing posts with label Vroue dinge. Show all posts

Die Valentynsdag toets


Ek het dit duidelik gemaak dat ek nie van die "cliche" van Valentynsdag hou nie en dat ek nog minder een van daai meisies is wat van rooi rose en rooi sjokolade harte hou wat so algemeen en onoorspronklik is.  "Valentynsdag is eintlik net 'n geldmaakstorie.  Dit is geforseerd en glad nie spontaan nie", het ek al menige male uitgelaat en wéér toe die winkels al einde Januarie hul Valentynsdag voorraad begin uitstal het. "Ja dit is so. En jy is 'n kaalvoetmeisiekind met veldblomme in jou hare"  het manlief saamgestem en my opgetel en in die rondte gedraai. "Is jy seker jy wil niks op Valenstynsdag doen nie?" "Ek is seker", het ek gesê.

"Hot wax" is nie jou vriend nie

Ek moet net vandag met julle hierdie rubriek deel. Wat ons as vrouens nie alles sal doen om op ons beste te lyk vir ons mans nie?  As jy tussen mense is terwyl jy hierdie lees wees gewaarsku: jy gaan dalk moet verduidelik hoekom jy so lekker lag! Vir almal wat nog voorberei vir trou - dink dalk twee keer voor jy onderstaande roete volg want jy wil nie kort voor jou troue in so panarie gevang word nie.  Lekker lees :)