Showing posts with label Die twee van julle. Show all posts
Showing posts with label Die twee van julle. Show all posts

5 Dinge wat ek by my man geleer het

In Maart vier ons, ons vierde huweliksherdenking!  Al is dit nog jare ver van 'n goue bruilof is dit so lekker om terug te kan kyk oor die afgelope vier jaar en hoe ons albei gegroei het in ons huwelik en as mense. 

Buiten dat ek by my man geleer het om van animasie films te hou is daar soveel dinge waar hy my menswees kom verryk het en waarvoor ek dankbaar is.  Ek dink spesifiek aan hierdie vyf dinge wat ek by Stephan geleer het: 

Die Valentynsdag toets


Ek het dit duidelik gemaak dat ek nie van die "cliche" van Valentynsdag hou nie en dat ek nog minder een van daai meisies is wat van rooi rose en rooi sjokolade harte hou wat so algemeen en onoorspronklik is.  "Valentynsdag is eintlik net 'n geldmaakstorie.  Dit is geforseerd en glad nie spontaan nie", het ek al menige male uitgelaat en wéér toe die winkels al einde Januarie hul Valentynsdag voorraad begin uitstal het. "Ja dit is so. En jy is 'n kaalvoetmeisiekind met veldblomme in jou hare"  het manlief saamgestem en my opgetel en in die rondte gedraai. "Is jy seker jy wil niks op Valenstynsdag doen nie?" "Ek is seker", het ek gesê.

As ons nie saamstem nie


Ek hou daarvan as mense saamstem met my oor goed.  As ek met iemand gesels en besef ons het óf  'n gedeelde uitkyk op die lewe; óf ons het al dieselfde ervaring gehad; óf ons het enige klein dingetjie  in gemeen; dan dink ek by myself: "Ek hou van hierdie persoon". 

Ons 5 punt huweliksplan om hierdie ons beste huweliksjaar nóg te maak!

Aan die einde van elke jaar reflekteer ons op die jaar wat verby is.  Ons dink aan al die dinge wat ons reggekry het of nie reggekry het nie en aan die hoogte- en laagtepunte.  Ons dink ook aan of ons huwelik gegroei het en of ons op 'n beter plek is as die jaar vantevore.  Na ons op die vorige jaar gereflekteer het, beplan ons ook die volgende jaar om seker te maak dat ons huwelik aanhou groei want soos Andy Stanley sê "To fall in love requires a pulse.  To stay in love requires a plan."  Ek deel graag met julle 5 dinge wat ons in 2014 anders wil doen om in ons huwelik te belê.

Kersfees en die skoonfamilie



Almal het dit al seker vir jou gesê “Jy trou met sy familie ook” .  Eintlik besef ek nou dat dit nie sommer net ‘n terloopse sê ding was nie maar eerder ‘n waarskuwing.  En daar is seker nie 'n tyd wat dit meer gepas is as oor die Kerseisoen nie...

Die twee fases van liefde


Gary Chapman vertel in sy boek "Things I wish I'd known before we got married " dat hy soveel paartjies tee kom waar een of beide vir hom sê: "Ek dink nie ons het huweliksberading nodig voor ons trou nie - ons is regtig lief vir mekaar en kan nie sien dat ons probleme gaan hê nie". Ek dink nie daar is enige iemand wat trou met die idee dat hulle eendag probleme gaan hê nie, almal glo op hul troudag dat om lief te wees vir die persoon waarmee hulle trou so natuurlik is. Dit laat my dink aan daai liedjie wat sê "You make it easy for me to love you".  Ons euforiese gevoelens lei ons om by mekaar te wil wees, mekaar te leer ken en mekaar te geniet.  In hierdie fase kos dit geen werk om die verhouding aan die gang te hou nie.  Daar gaan dalk baie energie in die verhouding in, maar dit word nie as werk beskou nie.  Hierdie is 'n belangrike maar slegs die eerste of 'verliefdheidsfase'.   

Die 5 liefdestale


Ons as mense het almal liefde op verskillende maniere nodig: fisiese aanraking, opbouende woorde, dade van diensbaarheid, kwalitiet tyd en ook geskenke al is dit net in die vorm van 'n briefie.  Jou primêre liefdestaal is die een wat reguit met jou hart praat.  Selfs al ontvang jy liefde op al die ander maniere maar nie in jou primêre liefdestaal nie gaan jy nie so geliefd voel nie.  Dit is belangrik om as huwelikspaartjie mekaar se liefdestaal te ken sodat jul seker is jul wys gereeld vir mekaar liefde op die maniere wat vir jul elkeen belangrik is.

Hoe weet jy dat jy weet?



Sjoe julle, die afgelope paar weke het ek soveel 'riller' stories gehoor van vrouens wat op die Wittebrood of kort daarna besef dat hulle nie getrou het met die persoon wie hulle gedink het hulle mee trou nie.    Dit is asof hierdie onderwerp net oral opduik: Hoe weet jy dat jy met die regte persoon trou?  Ek besef dit is so groot vraag en ook onsekerheid by vrouens vandag omdat soveel mense in ons nabye kringe self sulke stories vertel.   Vrees is egter nie van God af nie en ons kan nie toelaat dat dit ons verlam om nie 'n lewe in oorvloed te lewe nie.

Nogsteeds 'n Bruid in Wit



"Come now, let us settle the matter," says the LORD. "Though your sins are like scarlet, they shall be as white as snow; though they are red as crimson, they shall be like wool." Jes 1:18

Sit jy dalk met verwyt oor hoe jy in die verlede seksueel opgetree het buite jou huwelik? Voel jy daar is van jou huwelik se intimiteit gesteel? Wens jy jy kon terug gaan in tyd en 'nee' sê? Daar is hoop - 'n hoop wat nie telleurstel nie!

"And hope does not put us to shame, because God's love has been poured out into our hearts through the Holy Spirit, who has been given to us." - Rom 5:5

Liefde vs. Respek

Ek kon nooit die verskil tussen liefde en respek verduidelik nie en dit het vir my maar op dieselfde ding neergekom.   Dit was totdat ek van Emerson Eggerichs se Love & Respect boodskap gehoor het.   Die boodskap is gebasseer op Efesiërs 5:33:

However, each one of you also must love his wife as he loves himself, and the wife must respect her husband.  (NIV)


Swan Lake

Ons het die week die voorreg gehad om Swan Lake te gaan kyk.  Dit was so ongelooflik  mooi om die jong meisies te sien die grasieuse ballet bewegings uit voer wat ek nie eers weet hoe om uit te spreek nie.  En die mans lyk of dit vir hulle geen moeite verg om so hoog te spring en op een plek te bly draai sonder om dronk te word nie (julle kan seker al raai dat ek hoegenaamd nie geskoold is in ballet nie).  Maar wat van alles vir my die mooiste was, was die kere wat die prins en swaan saam gedans het en ek dink selfs die van julle wat ballet kenners is sal saam met my stem.

As hy langs haar is, is sy net 'n nóg mooier swaan.  As sy langs hom is het hy skielik 'n rede om sy sterkte uit te leef.  Sy kan reeds dans en doen wat 'n swaan moet doen sonder hom en netso is 'n hy 'n man in volle reg sonder haar.  Maar saam is hy meer hy en sy meer sy en saam is hulle beter as net hy of net sy.


Verlief, Verloof en Uitgedaag!




As daai ring eers aan jou vinger blink voel dit of mens nooit gelukkiger kan wees nie!  Uiteindelik kan jul saam begin beplan aan jul troudag.  Dit is net keuses, keuses en keuses.  Van venues na kleurskemas tot troukoeke.  Julle wonder ook wie op julle ouers se gastelys julle nou eintlik sal wil nooi en of julle al ooit van hierde hierdie mense voorheen ontmoet het?  Dit gebeur so maklik dat al hierdie reëlings mens begin oorweldig en daar spanning en selfs konflik begin onstaan tussen jou en die een wat jou gevra het om te trou.   

Die mooiste woorde wat ek nog gehoor het

Ek het nog altyd gehoop dat ek die 'perfekte' vrou vir my man sal kan wees en altyd so mooi vir hom soos toe hy dit die eerste keer vir my gesê het.  Ek kon sien hy bedoel die woorde regtig en dat hy waarlik glo daar is niemand mooier as ek vir hom nie (en dat hy geen van my gelaatsfoute tans raaksien nie).  Onderbewustelik was ek tog bewus van iets soos ouderdom en rekmerke en plooie wat een of ander tyd sal begin inskop al is dit miskien eers oor 'n paar jare (het ek gehoop)... Sal hy dan ook dink dat ek die mooiste vrou op aarde is en dat daar niemand is wat met met my kan vergelyk nie?  Dit het nie vir my sin gemaak nie.  Tyd is nie 'n luuksheid nie en met tyd was die waarborg dat ek elke dag 'n bietjie  'minder mooi' gaan word en bietjie minder gaan lyk soos die universiteits meisie waarop hy nou so smoorverlief is - dit was my lot.