5 Dinge wat ek by my man geleer het

In Maart vier ons, ons vierde huweliksherdenking!  Al is dit nog jare ver van 'n goue bruilof is dit so lekker om terug te kan kyk oor die afgelope vier jaar en hoe ons albei gegroei het in ons huwelik en as mense. 

Buiten dat ek by my man geleer het om van animasie films te hou is daar soveel dinge waar hy my menswees kom verryk het en waarvoor ek dankbaar is.  Ek dink spesifiek aan hierdie vyf dinge wat ek by Stephan geleer het: 

Die Valentynsdag toets


Ek het dit duidelik gemaak dat ek nie van die "cliche" van Valentynsdag hou nie en dat ek nog minder een van daai meisies is wat van rooi rose en rooi sjokolade harte hou wat so algemeen en onoorspronklik is.  "Valentynsdag is eintlik net 'n geldmaakstorie.  Dit is geforseerd en glad nie spontaan nie", het ek al menige male uitgelaat en wéér toe die winkels al einde Januarie hul Valentynsdag voorraad begin uitstal het. "Ja dit is so. En jy is 'n kaalvoetmeisiekind met veldblomme in jou hare"  het manlief saamgestem en my opgetel en in die rondte gedraai. "Is jy seker jy wil niks op Valenstynsdag doen nie?" "Ek is seker", het ek gesê.

As ons nie saamstem nie


Ek hou daarvan as mense saamstem met my oor goed.  As ek met iemand gesels en besef ons het óf  'n gedeelde uitkyk op die lewe; óf ons het al dieselfde ervaring gehad; óf ons het enige klein dingetjie  in gemeen; dan dink ek by myself: "Ek hou van hierdie persoon". 

Ons 5 punt huweliksplan om hierdie ons beste huweliksjaar nóg te maak!

Aan die einde van elke jaar reflekteer ons op die jaar wat verby is.  Ons dink aan al die dinge wat ons reggekry het of nie reggekry het nie en aan die hoogte- en laagtepunte.  Ons dink ook aan of ons huwelik gegroei het en of ons op 'n beter plek is as die jaar vantevore.  Na ons op die vorige jaar gereflekteer het, beplan ons ook die volgende jaar om seker te maak dat ons huwelik aanhou groei want soos Andy Stanley sê "To fall in love requires a pulse.  To stay in love requires a plan."  Ek deel graag met julle 5 dinge wat ons in 2014 anders wil doen om in ons huwelik te belê.

Kersfees en die skoonfamilie



Almal het dit al seker vir jou gesê “Jy trou met sy familie ook” .  Eintlik besef ek nou dat dit nie sommer net ‘n terloopse sê ding was nie maar eerder ‘n waarskuwing.  En daar is seker nie 'n tyd wat dit meer gepas is as oor die Kerseisoen nie...